| TOEGANGSREëLS: VRYWARING: Naboom Windpomp Feesterrein word betree op eie risiko en aanvaar die Organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Buffelshoek Agri Depot, die borge, asook die bestuur en werkers geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, dood en / of besering nie. Die applikant vrywaar werknemers, die organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Buffelshoek Agri Depot, die borge asook die bestuur en werkers vir enige skade, verlies, dood en / of besering. Met betreding van perseel word toegestem in persoon, as ouer / voog, en behoorlik daartoe gemagtig deur enige gade, word onherroeplik toestemming verleen dat ek / ons / die minderjarige aan al die aktiwiteite van die Fees mag deelneem. Die werknemers, organiseerders Euphorbia C.O Skool, Buffelshoek Agri Depot, die borge en kunstenaars word gevrywaar en indemniseer van enige eis wat ek / ons / die minderjarige mag verkry voortspruitend uit, en opgedoen op enige wyse, hetsy voortspruitend uit die betreding, deelname aan aktiwiteite, bywoning van verrigtinge, besoek aan diere, of andersins op enige ander wyse opgedoen, ingesluit verlies of besering of dood, en hou die entiteite skadeloos. Ek / ons is bewus dat diere contra naturam mag optree, ongeag of hulle opgeleide diere is, en moet te alle tye as gevaarlik beskou word. Ek / ons is bewus dat daar geen diensverhouding tussen die uitstallers, kunstenaars, verskaffers van vermaaklikheid, eienaar van die eiendom en die Organiseerders van die Fees bestaan nie. Ek / ons / die minderjarige betree die eiendom en neem deel aan aktiwiteite op eie risiko, en welke risiko ek namens myself / onsself en die minderjarige aanvaar. Ek stem gevolglik toe tot moontlike benadeling, en is bewus dat ek / ons die minderjarige skade, verlies en of besering, asook lewensverlies mag ly uit deelname aan aktiwiteite en / of uit betreding van die eiendom. Ek / ons is vertroud met die gevolge van hierdie afstanddoening, verstaan dit en doen dit uit vrye wil en sonder enige beïnvloeding of oorreding. FOOIE & ReëLS : ‘n Toegangsfooi vir besoekers / publiek word gehef by die Naboom Windpompfees te Buffelshoek Agri Depot. Geen drank of kos mag op die perseel gebring word nie, anders as per uitstaller magtiging nie. Geen feesganger mag in ‘n bakleiery betrokke raak, enige onaangenaamheid veroorsaak, of op ongemagtigde plekke beweeg of slaap nie. Geen persoon onder 18 jaar, of Skoliers, mag die Biertuin betree nie. SEKURITEIT: Naboom Windpompfees verskaf voltyds sekuriteit, maar kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie. Geen fotos of videos van kunstenaars / optredes mag gemaak of gebruik word sonder die toestemming van die Organiseerders. Die Organiseerders is geregtig om enige persson van die terrein te verwyder, of te versoek om die terrein te verlaat, of te versoek om ‘'n bepaalde gedeelte van die terrein te verlaat, of om op enige verbode item beslag te lê sonder vergoeding. Met betreding van die perseel word bevestig dat die Feesganger vertroud is met die voorwaardes en reëls, en dit aanvaar en daaraan gehoor sal gee. Die Organiseerders behou die reg voor om te eniger tyd die Reëls en Voorwaardes sonder kennisgewing te wysig. OP LAS, ORGANISEERDERS |